Bainvlei Kalwer Boerdery















Voorwoord
As gevolg van die duur vleis- en melkpryse en ook om ‘n addisionele inkomste te verseker, is dit ons ervaring dat al hoe meer Suid Afrikaners wat oor ‘n stukkie grond beskik, hulle tot kalwer grootmaak wend. Hoë inset kostes van “klaar groot kuddes” dwing die alternatief van kalwer boerdery af. Hoe dit ookal sy, die ervaring het ons geleer dat baie van ons kliënte wat kalwers aankoop nie oor enige, of weinige kennis van vee, en in besonder van jong kalwers beskik. Dit het die behoefte laat ontstaan na ‘n Handleiding om kalwers groot te maak, en sodoende die duur skoolgeld wat menigte mense laat tou opgooi, uit te skakel, of dan immers drasties te verminder.

Na ‘n jaar se soektog na ‘n volledige handleiding wat vir ons die slaggate van hierdie bedryf kon uitwys, het ons met ‘n skok ontdek dat daar nie so iets bestaan nie. Ons het gevind dat daar verskeie boeke beskikbaar is, maar dat die meeste van hulle slegs op ‘n spesifieke aspek van die
bedryf konsentreer, en soms nie so prakties is om toe te pas nie.

Hierdie handleiding sal beslis ‘n groot aanwins wees om suksesvol kalwers groot te maak.

Die A – Z Kalf Grootmaak Handleiding
Bekom hierdie praktiese Handleiding vandag nog, en verminder u kalf vrektes drasties. Volop kleurvolle illustrasies, praktiese wenke, alternatiewe medikasies ens.

BEHUISING
Daar word klem gelê op die voorbereiding vir die aankoms van die kalwers. Baie nuwe kalwer boere het nie praktiese ervaring van hoe die hokke daarna behoort uit te sien nie. Ons illustreer verskeie behuisings opsies, en bespreek breedvoerig die voor- en nadele van elke opsie.

DIE PROFIEL VAN ‘N GESONDE KALF
Die beste voornemens kan nie ‘n ongesonde kalf reg ‘dokter’ nie. Verskeie faktore bepaal die kalf se gesondheid die eerste paar maande van sy lewe. Ten einde jou kalf se kans op oorlewing te verbeter is daar sekere faktore wat jou kalf se gesondheid drasties kan beinvloed soos bv.

¨ Voldoende Bies
¨ Voorgeboorte inentings program
¨ Beheer van Stres faktore (tydens vervoer)

Alvorens u die kalf aankoop, is daar sekere uiterlike kenmerke wat aanduidend kan wees of die kalf gesond is, aldan nie, en word elkeen breedvoerig bespreek;

¨ Vel
¨ Kop
¨ Naelstring
¨ Bene

VOEDING
Ten einde u kalf beter te verstaan, word die werking van die herkouers se spysverteringsstelsel verduidelik. Verder word daar ook uitgebrei oor die fisiologiese werking van die spysverteringsstelsel.

“Uittreksels uit Handleiding:”



























SIEKTES
Gewis die grootste kopseer vir enige kalwer boer! Verskeie siektes word in diepte gehanteer, en is hierdie afdeling in samewerking met verskeie veeartse, navorsers en leiers in farmaseutiese bedryf saamgestel. Dit word egter in leke taal verduidelik en elke toestand word waar moontlik soos volg uiteengesit: 1. Simptome 2. Behandeling 3. Nadoodse Ondersoek 4. Voorkoming

VOLLEDIGE AFDELINGS VIR DIE HANTERING VAN SIEKTES TOESTANDE

¨ Diaree - Nie infektiewe diaree, Bakteriese Diaree, Virus Diaree, Koksidiose
(Ingesluit is resepte om u eie elektrolietes tuis te meng)
¨ Bakteriese siektes - Pasteurellose, Kalwerlongontsteking, Sponssiekte, Lamsiekte,
Miltsiekte, Brucellose, Leptospirose, Naelstringontsteking, Kalwerdifterie, Vrotpootjie,
Aktinomikose
¨ Virale siektes – Knopvelsiekte, 3-dae- stywesiekte, IBR, BVD, Slekdalkoors, Bek-en-
klouseer
¨ Swam siektes - Omlope
¨ Bosluise – Hartwater, Rooiwater, Bosluisgalsiekte, Sweetsiekte
¨ Vergiftiging – Plantvergiftiging, Ureum, Blousuur, Bysteek
¨ Voedingsverwante siektes – Proteien en energie tekort, Suurpens, Stopgalsiekte, Opblaas, Oorvoeding, Hardlywigheid
¨ Parasiete – Inwendige parasiete, Uitwendige parasiete
¨ Oog kwale – Infeksies, Oog wonde, Oog beserings
¨ Knoppe – Breuke, Absesse
¨ Mastitis – Vroulike diere
¨ Bylaag - Lewerondersteuning, Antibiotika, Bloedarmoede

ASOOK
¨ Volledige inentings Program
¨ Tuismeng resepte
Koste

Ø Koste beloop R350-00, posgeld en verpakking ingesluit.
Ø Handleiding word per geregistreerde pos versend. (Kan ook by ons kantore in Bloemfontein en Pretoria afgehaal word)
Ø Versending geskied binne 24 uur nadat betaling ontvang is.

OM TE BESTEL

Bank Besonderhede

Rekening Houer: A Meintjes
Bank: First National Bank
Tipe Rekening: Spaar rekening
Rek No: 6217 5343 103
Tak kode: 210 114

NB: GEBRUIK U VOORLETTERS EN VAN AS VERWYSSINGS NO OP DEPOSITO STROKIE!

Onthou asb om ons van u pos adres te voorsien om spoedige versending te verseker!

Kontak ons asb indien u nie ‘n sms of e-pos met u geregistreerde posstuk nommer binne 24 uur ontvang nie!